8 March 2017: RIO DE JANEIRO
Vandag was ons tweede dag in Rio en ek het na ontbyt besluit om die strate tog aan te durf maar het soos hulle gese het my horlosie en juwele verwyder en skoon kaal gevoel,geen horlosie ,oorbelle,armbande, of kettingkie nie,gevoel soos my birthday suite want is nooit sonder die goed nie.Nie kans gesien om my rugsak voor te dra nie en was gewapen met my sambrieel in die hand en het besluit enige iemand wat my wil aanval gaan beslis n hou kry met my sambrieel.Geld en ipad was diep weggebere!!!
Dink nie die stad is erger as ons land nie maar wou nie kanse wat nie,so maar gebly waar ek polisie gesien het en in die middel van die strate en loop areas.
Hier het hulle polisie vir verskillende areas soos parke,stad,strandfrond ens.
Eers gestop by die moderne kuns museum wat lyk soos spaceship vir fotos sommer daar n vreemdeling weer gevra om vir my n foto te neem voor RIO!
Daarna meer in stad se kant toe en die downtown,lyk maar soos n gewone stad area,op die toer het die toerleier verduidelik dat in die ou dele is die cobblestone nog die oorspronklike van jare gelede en die strate ook nou ,want was net groot genoeg vir die perdekarre van daai tyd.
Bitter min plekke in die area wat aandenkings van Rio verkoop veral as ek dink hoe baie New York het en hulle vat ook nie $ nie
Naby ons dok area was daar die mooiste ou gebou met n pragtige klere winkel, vir my pragtig.
Ook verby straat verkopers wat fluitjies verkoop wat presies soos n voeltjie klink,aangeneem hulle van die jungle bewoners want ook pragtige vere en krale verkoop.
Ek hou maar my geld vir die Amasone,sien vreeslik uit.Ons is toe weg uit Rio met wolke wat kwaai lyk en n sterk wind,so ons is maar aan die rol en dis nou twee dae op die see voor ons eers by
Recife dok en dan weer 2 see dae voor ons in die Amazone rivier opseil,nie eers geweet dit is moontlik met die groot skepe nie, jy sou nie se ek het Aardrykskunde as vak gehad nie!!So mooi loop tot volgende keer.
9 en 10 Maart 2017 : @ SEA
Well ,we have been at sea for 2 full days with no land in sight,so have been lazy days with lots of reading.Did get myself to the gym but not full throttle,so poer poer storie getting lazy and fat ,with all this eating and drinking!!! Not that i have been forced but you know how things go,ag hoekom nie gaan mos nie weer so geleentheid kry nie,of dis mos wat ek vir myself se!!!
This afternoon i discovered the horizon lounge for the first time and what a pleasant surprise,afternoon high tea with delicious eats once again!!!Today the theme was French so we had an array of french delights,all sorts of crepes with a lovely view over the sea from the back of the ship.Weet nie of dit n goeie ontdekking was nie want gaan mos nou elke middag 4 uur wil gaan high tea met verskillende eetgoed ,weet gister was dit weer cheesecake gewees.More kom ons aan in Recife wat lyk my n baie groot stad is en ek gaan op n catamaran rit en die plek sien van die water af.So tot more mooi loop.
11 March 2017: RECIFE BRAZIL
Arrived in Recife this morning on another beautiful day in Brazil,have seen this name on TV when they show the weather forecast for South America.Little did i know that one day i would visit this place.It is the fourth biggest metropolitan in Brazil and one of the main ports in the Atlantic Ocean.
Recife means reef in Portugese.Must say when we got of the ship and we were welcomed by a music band and some dancing,this looked good.Our arrival at the catamaran harbour was disappointing for the water and shore line was filthy,even a matras lying on the sand ,had to laugh when a fellow passenger said all we need is a body!!! The people are friendly and our welcome drinks were good,i tried the one with alcohol but it did have a bit of skop!!! hee hee.
We sailed up the Cabibaribe River and must say the polluted water and rubbish floating around was very disappointing.The Flamboyante tress were beautiful and the old buildings, i loved the local music that they played on the catamaran while we were sailing on the river.After our sail we were taken to the old jail in downdown which now is a market and there we had 45 min to walk around and enjoy.Very interesting and bought some mementoes.The next 2 days we are at sea and then we enter the Amazon River for the next 8 days.Sail away was another beautiful sunset,so until next time ,bye.
12 Maart 2017: @ SEA
Vanoggend is ons nog oppad na die Amazone so nog n see dag maar darem myself sover gekry om by die gym uit te kom!Daarana was dit ontbyt en vanoggend was ek braaf genoeg om die champagne en caviaar weer te probeer,die champagne het ek met lemoensap laat meng maar kon nog steeds net n halwe glas inkry want die see rof en ons rol nogal ,so drank en n skip wat rol nie n goeie kombinasie nie.
Die caviaar of die donker viseiers het ek finaal besluit nie vir my nie ,daar was ook ander eiertjies wat vir my na klein ogies gelyk het wat n salm kleur het,gewonder of dit nie dalk sammon eiers is nie maar wil mos nie vra nie want hoe lyk dit nou!!Wou ook so graag n foto geneem het maar dan gaan dit mos lyk ek is niks gewoont nie en die ironie is ,ek is nie!!! Haa haaa
Uiteinde van die storie dink volgende keer sal ek die bordtjies maar by my laat vergaan,not for me.
Toe is ek na die oggend praaitjie van die Amasone en dit vreeslik intressant gevind en geniet,kan nou nog nie glo ons het die voorreg om die plek te besoek nie.Maak julle maar reg vir n geskiedenis les!!!!Praat van pienk dolfyne,piranas,n duidelike verskil in water kleur waar die vars water en die see water mekaar ontmoet so dink dit gaan n intressante tyd wees,en die stad waar ons vir 2 dae oorbly was die enigste een in die Amasone wat vir die sokker wereld beker gebruik is.Hier verloor jy tret met die dae van die week en fokus net op n see dag en n dag aan wal of land.So het elke werk seker sy dinge n embarkation day en n dis embarkation day,so tot more mooi loop.
14 Maart 2017: Amazon River
Today we arrived at the mouth of the Amazon River and what a mouth it is! Early morning we were first met with the brown river water that flows into the sea and then a real Amazon rain shower and the heavens opened ,for us it is like a very bad thunderstorm pouring with rain and then rivers of water all over but here in this world, it is the norm.
To see all this brown water as far as the eye can see is amazing and mind boggling.At 4 o clock we were met by the local pilot and the Amazon authorities who gave us the go ahead to go up river,it has been cloudy all day with rain on and off but it is the rainy season ,so hope we do see some sunshine when we get off to explore.
They tell us that the phenomenon of the Meeting of the Waters occur due to the difference in temperature,speed and water density then you have these two colours ,the brown water and the black water side by side and they don't mix at first.I am very excited to be going on a tour where we actually go to view this phenomenon, so hope i can get some lovely pics of it.
At the moment it is pouring with rain again and the visibility is zero ,looks like fog around the ship
so must say is a bit scary.
Tomorrow we are anchoring again and will be taken to land with our tender boats to visit a small village ,Alter do Chao.So till tomorrow,bye.
15 Maart 2107: Alter do Chao Amazon Brazil
Vanoggend in gietende reeen al in die Amazone rivier op,nou en dan kon mens iets sien maar vir n groot deel van die oggend was dit net reen ,met baie slegte sig ,so die fog horn is ook gereeld geblaas.Gelukkig teen 3 uur toe ons by ons betemming arriveer het die reen opgehou en ons kon aanwal gaan en te lekker die dorpie verken.Die plek waar die tender bote dok is sommer so n
drywende pier en jy stap op n hout bruggie wat sommer aanmekaar geslaan is,Amazon styl.
Ons is verwelkom deur n dansgroep en musiek,die Carimbo,tradisionele Amazon musiek en n pragtige meisie wat dans.So sodra jy van die houtbruggie afstap is jou voete in die sand.Op die pier was daar die oulikste goed om te koop en ek wou vreeslik graag n pirahna koop maar ons mag dit nie doen nie hulle konfiskeer dit op die skip en by customs,so moes tevrede wees met net n foto !!
Toe is ek die dorpie in al teen die water af en daar is bote net waar jy kyk,eers gedink maar hoekom is almal se bodems vol water tot ek onthou het maar hier reen dit mos dat dit bars en dis die rede nie agv bote wat lek nie.Die vrugte bome was vol vrugte en ook op n boom afgekom met n vrug wat so groot is soos n sokker bal! weet nie wat dit is nie en verstaan ook nie as hulle verduidelik nie,die ander het vir my na mangos gelyk maar ek het ook nog nooit n mango boom gesien nie so sal ook nie weet nie.
Die plek laat my ook nogal aan Mexico dink,klam en bedompig en voel so tropies.Die bos om die plek is dig en aanmekaar.Verby n plaaslike skool waar kinders aan die leer was maar het geen ruite en deure,net die gebou en dak,vir my na n deurmekaar spul gelyk want die arme juffrou praat maar hulle gesels ook.Nie teer strate nie so geplavei en ook maar verwaarloos.Het my verkyk aan die dakke wat hulle maak van blare,vir my baie mooi en lyk soos n kunswerk.Omdat ons laat gearriveer het het ons nie baie tyd gehad om rond te loop nie so is weer na n uur en half terug skip toe,kon gelukig buite op die tender boot sit met ons terug keer skip toe, met die mooiste uitsig oor die rivier en die sonsondergang was ook iets besonders.So more wag Boca Da Veleria,mooi loop
No comments:
Post a Comment