27 February 2017: Punta del Este Uruguay
Vandag was dit weer in land toe met die tenderbote,so na n lekker ontbyt op die oop dek was dit tyd vir afklim en die nuwe plek te gaan verken.Vreeslik warm so weet nie hoe ver ek gaan kom nie.Arme liefie stoei met n siek man wat behandeling wyer en ons is more op die diep see en hy weier behandeling of om verwys te word na die hospitaal vir spesialis evaluering.Die uiteinde van die storie is hy is tier kwaai terug na sy kamer net om later in die oggend terug te kom en se hy voel hy gaan dood en nou wil hy skielik die hospitaal besoek,so gelukkig kon hulle hom betyds afkry.
As dit so vreeslik warm is het ek nie regtig die lus en krag om so te voet die strate te vat nie maar is toe weg en n hele ent gestap eers deur n woonbuurt en toe al langs die waterkant terug hawe se kant toe.Was stokflou en gedaan na seker so n uur se gestap en eers vir my n koelte boom gaan soek en daar bly sit vir n hele rukkie.So beskryf hulle die plekkie, it is a popular resort and is called the St Tropez of South America with its fine beaches,elegant seaside homes, a yacht harbour and glitzy restaurants..Met my gestapery kon ek die pragtige seeside homes beleef. so n rustige beachy gevoel aan die plek.
Afgekom op vissermanne wat mossels en vis skoonmaak en verkoop so teen die water,die seemeeue dink dis hemels want die visse se binnegoed word sommer net so agter hulle in die water ingegooi en vinnig opgeraap deur die hordes seemeeue.Gister en vandag afgekom op mans wat n fles en so n houertjie met groen goed eet ,nog nie uitgevind wat dit is nie en of dit net n man ding is nie.Ook baie gesinne wat verskeie bote ,volpak en oppad erens maar waarheen sal ek nou nie weet nie,gewonder of daar nie n eiland erens naby is nie want jy kan sien hulle oppad strand toe,met hulle coolerbags.Moet se die plek het n goeie indruk gemaak en lyk soos n eerste wereld stad.
Die kaptein het ook vir die familie van die siek man gese dat hierdie die laaste ordentelike stad is om hospitaal toe te gaan voor ons more Brazil water binneseil.Vandag gehoor dat ons vir 2 aande in van die grand restaurante kan gaan eet en die datums gekry so ons sal beslis moet aantrek vir dit.Alles hierso grand so wil nie weet hoe dit dan gaan wees nie,hoop ek ken my tafelmaniere en weet hoe en wat met watter eetgery te eet!!! Hee hee.
Hier is almal oud, so mens voel glad nie geindimideer deur mooi mense en lywe nie!! buite le almal in die son met velle en rimpels en spikkels.Krom en skeef of kruppel,moeg gewerk en hulle deel gedoen in die samelewing.Lyk my die gemiddelde ouderdom 75 jr oud so nou verstaan julle.Moet ook by se daar is darem ook van hulle wat goed lyk vir hulle ouderdom en fiks en gesond is,baie gym en doen oefeninge,een vrou was so soepel kon my oe nie glo nie ,skoon skaam gekry toe ek dink hoe onfiks en styf ek is,my sommer geinspireer om n plan te maak.
Laat middag is ons weg uit die plekkie met die mooiste sonsondergang en moet eers vertel my eerste cocktail bestel met snacks en n uitsig to die for!! Op dek 12 in die sitkamer gaan sit wat voor oor die skip uitkyk en voor ek weet wat tref my is die waiters daar met heerlike snacks en wil net weet wat wil ek drink,wel die Mojiti was heelik en sal dit beslis weer bestel nie soos my dubbel gin en tonic wat my laas platgetrek het nie!!!! Daar gesit tot ons wegseil en toe die gaste begin opdaag met hulle aandklere toe weet ek ok dis nou tyd om weer terug te keer na my gaaitjie op dek 4.
In die crew area aandete gaan eet en daarso voorgestel aan n ou man van Griekeland wat een van die ingeneurs is en wat n intresante en aangename man, hom so geniet en lekker gelag vir al sy stories,kan sien werk al jare op die skepe en se presies wat hy wil en wat hy dink.Hy se ,this ship is old like me and full of things!!!!!Toe liefie eers se hy gaan se hy moet by ons kom sit en eet was ek verbaas maar na kuier het ek verstaan hoekom hy wou he ek moet die man ontmoet.Dis al vir vandag so tot more,mooi loop.
28 February 2017: Rio Grande do Sul Brazil:
The captain told us last night that we were going to stop in this port today to complete immigration procedures .We are not going to get off the ship but officials come on board to complete these procedures ,for not all the ports have these facilities.Once we are cleared we will be granted permission to sail. I made my first visit to the gym this morning and must say felt good so will be back tomorrow morning at sparrow and will drag hubby along for you just feel so much better after exercise.They also have joga,morning stretch,pilates,walk a mile, so am going to try them out,here all these activities are included in the price not like on the other ships were you pay for each activity!!
Am sitting on deck 12 in the shade and waiting for the 11.30 show to start, they have local folkloric performers who are coming on board to give us a show,must say think they are going to work up a sweat ,for it is 32 degrees and humid,die son staan stil!!! en daar is wragtig hope wat so in die warm son le.Na die danse is dit tyd vir n braai of hoe se hulle n barbeque om die swembad.Ek sal die keer n single tot gin en tonic vat met my ete,mens stamp mos nie twee keer jou kop nie.
1 Maart 2017: @SEA
Vandag is ons op die see so rustige dag le voor.Gister het die dansers toe 11.30 begin met hulle tradisionele danse en was mooi om te kyk en veral na hulle musiek te luister.Het ook hulle eie orkes saamgebring om hulle musiek te maak.Een ouer vrou het n helder geel rok aangehad en n koddige leer sakkie en n ander een weer n lang blou rok wat toe was tot teen haar nek so dink hulle twee het seker paar kilos verloor in die tyd wat hulle aanboord was.Die mans dansers het almal bootse gedra tot by hulle kniee.Teen laat middag het ons die groen lig gekry en is ons toegelaat om verder te seil.Nie geweet dis hoe dit werk nie.Ek het met sailaway eers buite op dek 12 en toe later weer binnekant heel voor gaan sit en pragtige uitsig van daar gehad.Teen die kus af op die strand was daar duisende mense ,karre en vlae,lyk my dit het te doen met die karnival wat die tyd van die jaar hierso gehou word,n groot affere hier by hulle.Nie seker wat hulle presies vier nie sal eers oor dit moet gaan lees,maar so ver soos die oog kon sien was hulle al teen die kus gepak.Wonder wat ons in Rio gaan kry want dink die storie hou ook n week lank aan.Laat middag n Bloody Mary bestel vir die eerste keer en toe n lekker glas rooiwyn en peanuts,dink ek sal aan die lekker lewe kan gewoont raak,nee spot sommer lekker is lekker maar nie huis nie.Hierso 3 vrouens wat alles saam doen en lyk my they having a ball!!Aandete was weer onder in die dungeons en toe bed toe,het mos al voorheen gese hier slaap ons te lekker met die gewieg van die see.More is dit weer tendering so word weer aangery land toe met die skip se reddings bote omdat daar nie n hawe vir die groot skepe is nie ,so gooi net anker so n entjie van die kus.Liefie het sy vliegtuig kaartjie gekry so hy smile van oor tot oor,ons vlieg dieselfde tyd uit Miami maar ongelukkig op verskillende vlugte en roetes en ek kom paar uur voor hom by die huis aan!!! cheeky ding se ,dan het ek genoeg tyd om hout ,bier en vleis te gaan koop vir ons eerste braai!!! haaa haaa,so tot more mooi loop.
2 March 2107: Porto Belo Brazil
Arrived here in this beautiful place and had a 15 min tender ride to the pier.One thing i must say is that the jungle seems to be very thick and comes right down to the beach.Yesterday we were told that most of the people in Brazil live along the coast and the cities are huge because of the jungle and its vegetation.They have these little islands all over and the locals and tourists seem to hop onto these wooden boats that take them to the islands for a day at the beach.I can say that these beaches are nice and make me think of what we have at home,very similar ,so one can understand why they are so popular.
I got off this morning and first i walked around the down town area and then all along the beach to take a few pics.Also stopped at a local vendor and bought my fridge magnet and some wooden utensils made from wood from the Brazilian jungle.a Lady was sitting at the end of the pier singing the most beautiful songs, must say that was very special, a relaxed feeling and vibe around here.
Think you have to enjoy the beach ,diving and swimming then this would be a good place to visit.I am holding thumbs for tonight i am to meet the manager of the excursions dept and hopefully i will be able to go on a few of them,so really looking forward and very excited.Then at 8.30 it is our dinner date at the Signatures Restaurant.So will keep you posted of how our date went and if i am off on a tour tomorrow,bye.
3 Maart 2017: Santos Brazil
Gisteraand ons ete gehad in die eetplek Signatures wat heerlik was, knoffel slakke,tamatie sop,toe palet skoonmakers!!! en kreef en toe nog nagereg,gin wonder gallerig gevoel deur die nag nie!! o ja en nog wyn maar baie lekker gewees.Ek so opgewonde want het toe gisteraand plek bespreek vir die volgende 4 dae om op excurtions te gaan so gaan besig wees en so bly kon plek kry om in Rio op te gaan na die Corcovado om die Christ Statue te gaan sien en van daar af die mooiste uitsig oor Rio dan gaan ek die middag op n toer the Sights and Sounds of Rio ,so dink gaan stok flou wees maar bitter dankbaar vir die geleentheid,eenkeer in n leeftyd,wat n voorreg.
Vandag was ek darem eers gym toe en so n halfhartige poging aangewend en toe eers weer buite op dek 11 ontbyt gehad met n pragtige uitsig oor die water en berge van Santos.Hier in die stad is daar n koffie museum en memorial vir die mees bekendste sokker spelers soos PELE.Dan is daar ook die grootste strandfort tuin in die wereld wat 5.335m in lengte is, so hy loop so al langs die strandfront af en ek kon gelukkig stap van waar die shuttle ons afgelaai het om dit te gaan aanskou en fotos te neem.Hier is alles in Spaans en geen engels nie ,so voel nogal vreemd om niks te kan lees of verstaan nie.Nogal warm en benoud gewees so n regte tropiese gevoel en die bome het verskillende tipes mos en plante wat op hulle stamme groei,ook pragtige tuine en helder kleurige blomme.
Die area waar ons gedok is is maar baie soos n regte skrootwerf en baie besige hawe gebied,oorkant ons skip is huise wat op hout stilts gebou is en opmekaar.Sailaway vanaand was pragtig gewees,met die mooiste uitsigte oor die stad.Kon darem n paar mooi fotos neem en daar le 40 groot skepe buite Santos geanker wat seker wag om in te kom by die hawe ,so die kaptein het nie oordryf toe hy se dis n basige hawe nie!!More is dit Iiha Grande so ons sal sien wat wag,mooi bly tot more.
No comments:
Post a Comment